Kleredragreëls
Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure én ander skoolaktiwiteite soos wat die Beheerliggaam bepaal, gedra word.
Skooldrag moet altyd skoon en netjies wees. Wat onderhemde betref, mag seuns slegs ʼn effekleurige, wit onderhemp dra wat onder geen omstandighede sigbaar mag wees nie.
Skoolskoene moet netjies en poleerbaar wees. Kaalvoet is toelaatbaar in die Somer. Tekkies mag slegs by Bossiedrag gedra word.
Skooltruie / windbrekers mag nie om die middellyf vasgebind word nie.
Bossiedrag mag slegs op die volgende dae gedra word:
Die dag as die leerder verjaar of die Vrydag indien hy/sy oor die naweek verjaar.
Die Vrydag indien hy/sy tydens die saalopening gestaan het vir 80% of meer in ‘n toets behaal.
Die Vrydag nadat ‘n sportspan gewen het gedurende die week.
Die dag waarop die graadgroep Liggaamlike Opvoeding het.
Soos vooraf gereël met die hoof.
Die Leerlingraad mag elke Vrydag Bossiedrag dra.
Provinsiale- en Nasionale klere
Leerders wat Provinsiale- of Nasionale kleure verwerf het, mag die sweetpak op ‘n Vrydag dra, slegs in die jaar waarin die kleure verwerf is. Geen oefendrag ofonvanpaste kleredrag sal toegelaat word nie.
Sweetpakbaadjies mag nie by skooldrag gedra word nie.
Seuns Kleredragreëls
Winter: Ligblou skoolhemp, grys skoollangbroek, donkerblou skoolkouse, swart skoolskoene, donkerblou windbreker, skooltrui/oortrektrui.
Winter Bossiedrag: Donkerblou bossiehemp, donkerblou sweetpakbroek, netjiese tekkies, donkerblou kouse, donkerblou windbreker.
Somer: Ligblou skoolhemp, donkerblou skoolbroek, donkerblou skoolkouse,swart skoolskoene of kaalvoet.
Somer Bossiedrag: Donkerblou bossiehemp, donkerblou bossiebroek of donkerblourugbybroek, netjiese tekkies, donkerblou kouse of kaalvoet.
dogters Kleredragreëls
Winter: Ligblou skoolhemp, grys skoollangbroek, donkerblou skoolkouse, swart skoolskoene, donkerblou windbreker, skooltrui / oortrektrui. OF .Geruite skoolrok met gordel, lang donkerblou skoolkouse, swartskoolskoene, donkerblou windbreker, skooltrui / oortrektrui.
Winter Bossiedrag: Donkerblou bossiehemp, donkerblou sweetpakbroek, netjiese tekkies,donkerblou kouse, donkerblou windbreker.
Somer: Geruite skoolrok met gordel, kort donkerblou skoolsokkies, swartskoolskoene of kaalvoet.
Somer Bossiedrag Donkerblou bossiehemp, donkerblou bossiebroek, netjiese tekkies,donkerblou kouse of kaalvoet (dogters mag nie rugbybroeke dra nie).
Algemeen
Geen musse of hoofbedekkings, buiten dié wat in die kleredragreëls voorgeskryf word, mag gedra word nie.
Die skoolhoof kan na goeddunke toestemming verleen dat leerders by sekere geleenthede gewone drag dra. Sodanige drag moet netjies en welvoeglik wees.
Wanneer ‘n leerder enige sportbyeenkoms of enige ander byeenkoms, as ‘n toeskouer bywoon, moet hy/sy netjies in Bossiedrag of Skooldrag geklee wees.
voorkoms: HARE
Ouers word dringend versoek om seker te maak dat hul kinders se hare skoon en netjies sal wees en deur gereeld te kyk vir luise/nete, wat hoogs aansteeklik is. Die skool kan nie verantwoordelik gehou word nie. Enige ander kopvelsiekte is ook nadelig vir ander kinders.
Ouers word verder versoek om voorkomend op te tree en hul kinders se hare te behandel met voorkomende luisprodukte. Luise/nete verskyn gewoonlik sodraseisoensverandering plaasvind.
dogters
Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. Geen onnatuurlike strepe word toegelaat nie.
Hare wat oor die kraag hang, moet vasgemaak word.
Slegs haarbykomstighede (linte, haarbande en rekkies) wat by die skool se kleure pas, mag gedra word. (Blou, rooi en wit).
Hare moet stewig vasgemaak wees. Geen slierte mag loshang nie.
Vals haarstukke: Slegs halfkop, gevleg en vasgemaak/weggebind.
seuns
Hare moet kort en netjies geknip wees.
Die gedeelte om die ore moet skoongeknip wees. Hare mag nie aan die ore raak wanneer die hare regaf gekam word nie.
Wanneer die hare afgekam word, mag dit nie die wenkbroue raak nie.
Wangbaard (“sideburns”) kan tot by die middel van die oor strek.
Hare moet agter reëlmatig opgesny word.
Hare mag nie uitermate van die kop wegstaan nie. Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie.
Haarstyle wat onder uitgeskeer of geknip word, oftewel “undercuts”, is verbode.
Geen haarprodukte soos ’mousse’, ’gel’ waks, haarsproei, ens is toelaatbaar nie.
Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. Geen onnatuurlike strepe word toegelaat nie.
voorkoms: JUWELE
Geen juwele, soos ringe, armbande (rekkies óf leer) of kettings, word toegelaat nie.
Slegs gewone polshorlosies word toegelaat. Geen e-horlosies of enige ander toestel/ ap-paraat is toelaatbaar nie.
Die dra van liggaamsjuwele, soos neus-, tong- en wenkbroujuwele, is verbode.
Wat oorringe vir dogters betref, mag slegs een goue of silwer knoppie of standaard goue of silwer ringetjie per oor gedra word, en wel in die onderste gaatjie indien daar meer as een is. Geen steentjies van enige aard word toegelaat nie.
Seuns mag geen juwele behalwe ‘n gewone polshorlosie dra nie.
Medic-Alert en Crisis-on-call bandjies mag wel gedra word.
Dra van gebedsbandjies moet vooraf met die hoof gereël word.
voorkoms: NAELS
Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie. Naels moet kort geknip en skoon wees.
Geen naellak/-gel mag gedra word nie.
voorkoms: GRIMERING
Geen onderlaag, maskara, oogomlyner of blosser word toegelaat nie.
Geen lipglans.