June 1, 2024
Interskole Redenaarsliga
Op 1 Junie het vyf van ons Bossies deelgeneem aan die Interskole Redenaarsliga.
Hierdie kompetisie word aangebied in samewerking met WITS Universiteit sedert 2012.
Hierdie platform bied ons plattelandse skole die geleenteheid om teen skole in ons Provinsie virtueel deel te neem.
Die Bossies het saam met ongeveer 250 ander sprekers deelgeneem aan die Streeksuitdunne.
Soos net die Bossies ‘n gesonde balans kan handhaaf, is ons trots op leerders wat hulle standpunte stel ten spyte van hulle besige skedules. Die platform het ons leerders die kans gegun om tydens sport aktiwiteite wat op die kompetisie dag plaasgevind het, vinnig hulle sê te kon sê, voor hulle verder op die sportveld kon presteer.
Baie geluk aan Inge Duvenhage wat deurdring na die Nasionale Rondte wat in September by Wits Universiteit plaasvind.
Dankie Bossies dat julle ons skool met trots verteenwoordig en saam nuwe geleenthede aangryp!