Revue is ‘n kombinasie van sing en dans. Dit gee die leerders ‘n kans om hulle selfvertoue op en af van die verhoog te laat groei. Revue leer hulle om saam te werk as ‘n span en so ‘n gemeenskaplike doel te bereik. Ons bied ook ‘n geleentheid vir die leerders om hul talente aan die skool en gemeenskap bloot te stel. Oudisies vir die graad 5 tot 7 leerders begin alreeds in die eerste kwartaal. Oefeninge is vanaf kwartaal 1 -3. Die optredes en kompitisies vind meestal tydens die derde kwartaal plaas.
Revue is a combination of singing and dancing. This gives the learners a chance 'to grow their confidence on and off the stage. Revue also teaches the learners to work together as a team and achieve a common goal. We also provide an opportunity for the learners to show their talents to the school and the community. Auditions for Grade 5 to 7 learners takes place during the first term. Revue practices are from term 1-3. The performances usually take place during the third term.