January 20, 2023
Netbal Afrigtingskursus
Vanaf Vrydag 20 Januarie tot Sondag 22 Januarie 2023 het ons die voorreg gehad om vir juffrou Nicolene van der Linde te stuur om die jaar se Vlak 1 Netbal Afrigtingskursus by te woon. Die kursus was aangebied deur die uitstekende Lizelle Erasmus. Met haar groot passie vir die sport en ondervinding as vorige afrigter van die bekende Flames span het ons weereens besef dat ons nooit genoeg kan leer van Netbal nie. Van die vaardighede wat uitgestaan het was hoe om ‘n goeie afrigter te wees, hoe om ons kinders te leer ken en hoe om voetspore agter te laat. Met haar gunsteling sê-ding "Leaving a Legacy" het Lizelle beslis 'n blywende indruk gelaat, en is dit iets waarop ons as Bossie-afrigters wil bou!
We had the great privilege of sending Ms Nicolene van der Linde to attend this year's Level 1 Netball Coaching Course held rom Friday 20 January to Sunday 22 January 2023 . The course was taught by the excellent Lizelle Erasmus. With her great passion for the sport and experience as a previous coach of the famous Flames team, we once again realized that we can never learn enough about Netball. Some of the skills that stood out were how to be a good coach, how to get to know our children and how to leave footprints behind. With her favorite saying "Leaving a Legacy" Lizelle certainly left a lasting impression, and this is something we as Bossie coaches want to build on!