July 21, 2023

Bosveld, Bokke en Biltong!

Laerskool Bosveld Pimary het op die 21ste Julie in samewerking met die Manne van die Woord organisasie `n rits rugbylegendes met die plaaslike bevolking kom vermaak tydens `n Bok en biltong aand.

Die funksie, wat in die opelug aangebied is, was die onweer ten spyt stampvol gepak met fanatiese toeskouers. Lewensverhale, rugbystaaltjies, allerhande wyshede en handtekeninge wat groothartig uitgedeel is, het die verhoog na `n boom vol uile laat lyk en aan ieder kaartjiehouer `n gevoel van genoegdoening besorg.

Mornè Steyn, Jacques Fourie, Ruan Redelinghuys, Jaco Kriel, en Ollie le Roux was vol komplimente vir die ontvangs wat hul te wagte was in hierdie dorp waar soveel weergalose mense hul tuismaak.

Die Bossies sien uit om volgende jaar `n soortgelyke spoggeleentheid aan te bied.

ander nuus / other news