Welkom by Laerskool Bosveld Primary
Limpopo skeidsregter in swem

Me Neethling, ‘n onderwyseres by LaerskooL Bosveld het Saterdag, 16 November haar kwalifikasie as Limpopo skeidsregter in swem behaal (met ‘n gemiddeld van 98%). Me Neethling se liefde vir dié sport motiveer haar vir die ure in die son wat voorlê.
Finale sertifikaatuitdelingreëlings

Bossie Kermis Vrydag 1 November 2019

Die Juniors sal slegs Donderdag 31 Oktober 2019 kans kry om hulle kaartjies te koop om die lang rye te vermy. Seniors kan hul kaartjies Vrydagoggend koop.
Karaoke
Haarsprei
Waterballon Gooi
Jellie & Vla
Worsbroodjies
Donuts
Onthou swemklere vir die Water Wurm!
Bossie Fair Friday 1 November 2019
The Juniors will only have the opportunity to buy their tickets on Thursday 31 October 2019 to avoid the long queues. Seniors can purchase their tickets Friday morning.
Karaoke
Hairspray
Waterballoon Toss
Jelly & Custard
Hotdogs
Doughnuts
Remember swimwear for the Water Slide!
Graad 1 uitstappie 22 Oktober
L. Erasmus




Die graad 1 leerders van Laerskool Bosveld Primary het op 22 Oktober n instappie gehad. Oom Fanie het die leerders verskillende soorte slange kom wys en die leerders baie geleer oor slange, hoe hulle lyk, hoe giftig hulle is en sonmer ook baie ander interessante dinge. Hulle het tot die geleentheid gehad om te voel aan 'n luisslang. Almal het dit baie geniet en baie aandagtig geluister.
Leerlingraad 2020 / Student Council 2020

Agter v.l.n.r Wikus van Schalkwyk, Kemo Mocheko, Rethabile Seabela, Tina-Marie de Kock, Elmarie Cloete, Wilmi van Rooyen, Zoey Elenis, Florence Mbako, Lene vd Merwe, Alexa Watkins, Khumo Majadibodu
Middel v.l.n.r Reaboka Maremane, Orehile Tlale, Nia Senosky, Elane Seymour, Manja Labuschagne, Elise Uijs, Yentl Lemboe, Maryke Gerber, Leago Nyaka, Nika Snyman, Onalenna Rankapole
Voor v.l.n.r Joshua Young, Andre Wagener, Barnabas Nyamakupe, Oabile Mabotja, Arno Besseling, Franco Oberholzer, C.W Spark
Newsletter 5 - Fourth Term 2019Important Dates |
Nuusbrief 4 - Vierde Kwartaal 2019Belangrike Datums |
Boogskiet Inter Provinsiale en Nasionale kompetisie
M Grobler

DLaerskool Bosveld Primary se Boogskuts het gedurende die vakansie 25-27 September aan die Inter Provinsiale en Nasionale kompetisie deelgeneem te Cambridge Academy in Witbank.
Dit was n groot ondervinding vir die leerders en daar het oor die 800 kinders deelgeneem. Al 9 provinsies het deelgeneem.
Dit was n wonderlike geleentheid en elke leerder het dit vreeslik geniet.
Laerskool Bosveld Primary se skuts het baie goed gevaar.
Leonell van Coller het n algehele 3de plek vir Primary meisies gekry vir die Limpopo span.
Anne-Mari Botes het n 1sts plek gekry uit die Graad 4 dogters wat deelgeneem het en Barend van der Westhuizen het n 3de plek behaal uit al die Graad 4 seuns wat deelgeneem het.
Ons is baie trots op elke Bossie skut wat deelgeneem het. Hou so aan. Julle maak ons trots.
Prestige Awards Criteria /Prestige Prysuitdeling Kriteria |
Boogskiet 14 September 2019
M Grobler




Die Bossie Boogskuts het die naweek 14 September 2019 aan hulle laaste boogskiet kompetisie vir die jaar deelgeneem te Potgietersrus.
Die skuts het die kompetisie vreeslik geniet en baie goed gevaar.
Ons het 1 span in geskryf en hulle het n algehele 1ste plek behaal.
Dane Marnitz het n algehele 3de plek behaal vir Junior dogters en Anne-Mari Botes het n 1ste plek behaal.
Willie Boshoff het n algehele 3de plek behaal vir Junior seuns en Jaco Botes n 2de plek behaal.
Elize Kruger het n 2de plek behaal in die Rising star Wit kategorie.
Dit was n suksesvolle dag en die skuts het die Boogskiet vir die jaar op n hoe noot af gesluit.
22 van ons leerders sal die 25ste tot die 27ste September 2019 aan die Boogskiet Nationals deelneem in Witbank. Baie sterkte aan hulle.
Bosveld landloop by SA’s
Erika Swanepoel

Middel van links na regs: Hlompo Thlako, Fredrich Neethling, Nuan Snyman, Colin Robinson, Simon Young, Ruan Pieterse, Kwena Modise.
Voor links na regs: Tiaan Smith, Wian Schutte, Marni Snyman, Morne Oberholzer, Lumé Myburg.
Sewentien landlopers van Laerskool bosveld Primary het op Saterdag, 7 September 2019 aan die Suid Afrikaanse landloop byeenkoms te Pretoria deelgeneem. Die atlete het die ysige koue weer in Pretoria weerstaan en baie goeie resultate gelewer. Baie geluk aan elke Bossie landloper wat net sy beste gegee het.
Bosveld Boogskiet
M Grobler




Op die 31ste Augustus was Laerskool Bosveld Primary se Boogskiet dag. Dit was n suksesvolle dag met baie opwinding. Die kinders het elke oomblik geniet.
Ons A span het n 1ste plek behaal en die B span n 2de plek behaal. Leonell van Coller het n 2de plek behaal in die Junior meisies afdeling en Zandry Coetzer het n 3de plek behaal in die Junior seuns afdeling, Franco Oberholzer het n 2de plek behaal en Jaco Botes n eerste plek behaal.
Mooi so Bossie.
Gr 1's maak instrumente

Die graad 1 leerders maak instrumente van afval materiaal.
Hulle was baie innoverend en kon manjifieke instrumente bou uit herwinde materiaal.
Sommige van die instrumente het asemrowende klanke opgetower en ander was pragtig versier.
Graad 1 uitstappie
D. Gouws

Die Graad 1 leerders van Laerskool Bosveld Primary het op 23 Augustus 2019 op ' n uitstappie gegaan na Manketti Lodge. Die leerders het geleer hoe verskillende diere se skedels lyk en wat diere eet. Hulle het ook geleer waarvoor sekere plante gebruik kan word. Hulle het lekker in die veld gestap en is daarna bederf met middagete en 'n geskenkpakkie. Almal het dit vreeslik geniet. Dit was ook die eerste keer dat baie van die leerders bus gery het. Dit was voorwaar 'n dag gevul met opwinding. Volgende jaar maak ons weer so!
Bossie-revue, beste ooit!
D. Gouws

Laerskool Bosveld Primary het Vrydag, 23 Augustus 2019 na Laerskool Thabazimbi vertrek om aan die Eistedfod deel te neem. Die Bossies is beoordeel deur hoogs gekwalifiseerde mense en spog met ‘n A+.
Puik Bossies, ons sien uit na die hoë standaard revue wat julle gaan behou!
Bossie Boogskiet
M Grobler




Die naweek 24 Augustus 2019 het die Bossie boogskuts deelgeneem te Waterberg Academy in Vaalwater.
Dit was n baie lekker warm dag en die skuts het dit baie geniet en baie goed gevaar.
Ons A span het n 1ste plek behaal en die B span n 2de plek behaal.
Leonell van Coller het n 1ste plek behaal vir Junior dogters. Jaco Botes het n 3de plek behaal vir Junior seuns en Samuel Leahy het n 2de plek behaal.
Dit was n suksesvolle dag. Ons is baie trots op ons Bossie skuts.
Die volgende kompetisie is by Laerskool Bosveld Primary.
Krieket streekproewe wenners

Alec Bester en Barnabas Nyamakupe Dian le Roux afwesig
Saterdag 17 Augustus het daar 9 van Laerskool Bosveld Primary se seuns aan die streeksproewe gaan deelneem te Laerskool Warmbad. 3 van die seuns word gekies vir die streekspan en gaan Saterdag 31 Augustus deelneem aan die provinsiale proewe.
Bossie landloop gaan groot!
Erika Swanepoel

Voor: Lume Myburg, Hlopho Thlako, Wian Schutte, Marni Snyman, Tiaan Smith.
Middel: Morne Oberholzer, Friedrich Neethling, Ruan Pieterse, Kwena Modise, Colin Robinson, Nuan Snyman, Simon Young, Me E Swanepoel.
Agter: Simone Schuttte, Joshua Young, Franco Myburg, Nika Snyman, Makgoka Lekganyane.
Na vyf maande se harde werk, het 17 landlopers tydens die afgelope Limpopo Landloop Kampioenskappe gekwalifiseer om aan die SA Kampioenskappe deel te neem op 7 September 2019, te Pretoria.
Dis die eerste keer dat soveel Bossie landlopers kwalifiseer. Die skool en hulle afrigter is ongelooflik trots op die flinke landlopers. Hulle word sterkte toegewens met hulle voorbereiding vir die kampioenskappe.
Graad 1's leer oor kos en plante. Hulle het die saad self laat ontkiem en groei.

Bossie-kids plant plantjies in ons skool se tuin




Limpopo Provinsiale boogskietkompetisie 2019


Krieketproewe 2019

Voor: Dewald Rigaard, Wihann Smith, Eduan Mostert, Gert Pretorius, Barnabas Nyamakupe
Laerskool Bosveld Primary is geweldig trots op die 13 krieket-seuns wat op 2 Augustus 2019 te Thabazimbi aan die kring-proewe deelgeneem het. Tien van die Bossie seuns het deurgedring na die Streeksproewe wat op 17 Augustus te Warmbad sal plaasvind.
Bossies trap vir `n vale 27 Julie 2019
CJ de Swardt

Die Bossie-fietsry span het op 27 Julie, vroegoggend vertrek na ‘n koue Pietersburg om te gaan deelneem aan die Spur-skole bergfiets liga se “Tour de Polokwane.”
Die Bossies het kliphard getrap en Albert von Rönge het ‘n skitterende 2de plek behaal. Die span oefen hard en sien uit na die res van die fietsry-seisoen.
Boogskiet 20 Julie 2019
M Grobler




Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 20 Julie 2020 te Hoerskool Ellisras deelgeneem. Dit het baie goed gegaan en die Bossie Skuts het puik presteer.
Bosveld se A span het n 1ste plek behaal en Bosveld se B span het n 3de plek behaal.
Leonell van Coller het n 2de plek behaal in die Juniors dogter afdeling en Salome Boshoff het n 3de plek behaal in die Juniors dogter afdeling.
Franco Oberholzer het n 2de plek behaal in die Junior seuns afdeling en Samuel Leahy het n 3de plek behaal in die Junior seuns afdeling.
Die leerders het regtig goed presteer en hulle het die dag vreeslik geniet. Dit was vir hulle baie lekker.
Die volgende kompetisie vind plaas by Waterberg Academy in Vaalwater op 3 Augustus 2019.
Tour de Maroela
Erika Swanepoel

Die jaarlikse MTB Spurreeks het Saterdag, 13 Julie 2019 by Hoërskool Ellisras afgeskop. 20 Laerskole skole het die jaar inskryf vir die Spurreeks. Tour de Maroela is die 1ste been van die Spurreeks wat uit 4 bene bestaan. Laerskool Bosveld Primary bekleë ń 5de plek na die 1ste been van die kompetisie. Baie geluk aan Inge von Ronge (3de plek Sprog Girls) en Albert von Ronge (2de plek Sub Jnr Boys).
Bossie Landlopers skop stof op
Erika Swanepoel

Die Landloopspan van Laerskool Bosveld Primary het die 13de Julie 2019 aan 'n liga byeenkoms te Hoërskool Hans Strydom gaan deelneem. Die span het hulle goed gekwyt van hulle taak.
Morne Oberholzer S 0/8 en Kwena Modise D 0/10 kry 2de plekke.
Hlompho Thlako D 0/9 en Simone Schutte kry 3de plekke.
Baie goeie plekke is deur die res van die Bossies behaal. Baie geluk met die puik uitslae. Sterkte met die voorbereiding vir die Provinsiale Kampioenskappe.
Boogskiet 13 Julie 2019
M Grobler



Die Bossie Boogskuts het die naweek aan n kompetisie deelgeneem te Lephalale Primary in Ellisras. Hulle het teen Waterberg Academy, Hoerskool Ellisras, Potgietersrus en Lephalale Primary deelgeneem. Die Boogskuts het puik presteer.
Bosveld se A span het n eerste plek behaal.
Samuel Leahy het n algehele tweede plek behaal en Franco Oberholzer het n algehele derde plek behaal in die Junior seuns afdeling.
Dane Marnitz het n algehele eerste plek behaal in die Junior dogters afdeling.
Dit was n baie suksesvolle dag. Die Bossie skuts skiet weer komende Saterdag 20 Julie 2019 te Hoerskool Ellisras. Ons sien uit vir nog n suksesvolle kompetisie.
Newsletter 4 - Third Term 2019Important Dates |
Nuusbrief 4 - Derde Kwartaal 2019Belangrike Datums |
Bossies kan sing
Elsabe Powell

Op Saterdag, 8 Junie 2019 het Laerskool Bosveld Primary se koor opgetree by Ebenaeser gemeente. Dit was `n opwindende geleentheid vir die koor om hulle talent te beoefen. Die koor het om 08:00 gesing en kon daarna die dag geniet. Die skool is trots op die sangtalent wat die leerders toon en is dankbaar vir elke ouer se ondersteuning.
Die Bossies se hokkie bokkies is vuurwarm!
Anja Enslin


Die afgelope naweek het Laerskool Bosveld Primary se Hokkie-bokkies op toer gegaan om nuwe tegnieke en opskerping van die spel te gaan oefen. Die toer na “Zwartkloof Private Game Reserve” was `n belewenis.
Melinda Vos, ‘n voormalige Protea hokkiespeler het die kursus aangebied. Die Bossies het hulle glad nie aan die koue gesteur nie en speel ‘n hond uit ‘n bos op die hokkievelde.
Van wedstryde, spanbou en heerlik eet, het die Hokkie-bokkies van Laerskool Bosveld Primary nuttige wenke aangeleer by die wonderlike span van Sportisimo. Die skool sien uit na ‘n baie belowende hokkie seisoen wat voorlê.
Die skool is dankbaar vir die geleentheid wat Dr. Elsje Jordaan, die stigter en eienaar van Sportisimo, gebied het aan die Bossies met hulle uitmuntende gehalte van opleiding en spangees.
Die Bossies se Hokkie-bokkies is slaggereed om hulle nuwe vaardighede uit te toets en sien uit na `n suksesvolle hokkie seisoen.
Bossies leer by kundiges
Wannie Viviers

Laerskool Bosveld Primary streef daarna om elke leerder se potensiaal te ontwikkel, veral op sportgebied. Die skool het vir Roland Blumegger, professionele afrigter van Potgietersrus uitgenooi om `n Tennis kliniek te kom aanbied vir ontluikende Tennis spelers. Die Bossies het op 7 en 8 Junie 2019, 'n suksesvolle Tennis-kliniek gehad by Laerskool Bosveld Primary. Die Junior en Senior spelers het uitstekende nuwe tegnieke aangeleer vir die liga wat reeds op 24 Julie afskop. Ons sien uit na 'n goeie tennisseisoen by die skool.
Bossie-proteas skitter by Limpopo-uitspele
D. Gouws

Laerskool Bosveld Primary se O/12-netbalspan het gekook by vanjaar se Limpopo-uitspele wat op Vrydag, 31 Mei 2019 plaasgevind het. Die dogters het puik wedstryde gespeel teen o.a. Tzaneen, Oos- en Noordskool en Phalaborwa. Die netbalsterre het dit reg gekry om algeheel tweede te eindig toe hulle naelskraap teen Oos-Skool in die finaal verloor het. Hulle sal op 26 en 27 Julie te EG Jansen (Boksburg) aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem!
Sterkte dogters, die skool en die dorp hou vir julle styf duim vas!
DBV / SPCA ontvang groot geskenk van Laerskool Bosveld Primary
Sarie Pretorius


Laerskool Bosveld Primary het `n projek geloods om kos in te samel vir die DBV / SPCA in Lephalale. Die klas wat die meeste kos ingesamel het, ontvang dan ook `n prys.
Die leerders het fluks gehelp om te verseker dat die DBV-diere genoeg kos het hierdie winter. Die skool bedank elke ouer en leerder wat bygedra het tot `n suksesvolle projek. Daar is twee bakkie-vragte kos ingesamel vir ons viervoetige vriendjies.
Bossie landloop na Liga 3
Erika Swanepoel

Op Saterdag, 25 Mei 2019, het die landloop-span van Laerskool Bosveld Primary gaan deelneem aan Landloop Liga 3, te Polokwane. Die landlopers het hulle beste gegee. Baie geluk aan almal met die puik uitslae. Sterkte vir die Inter provinsiaal wat voorlê.
Waterberg Lindani MTB
Charlie Brandt


Saterdag, 25 Mei 2019 het Waterberg Lindani MTB resies plaasgevind. Inge von Ronge behaal ń derde plek in die 15km afdeling. Lindani is baie moeilike baan, nie soseer die 15km, maar die 35km en 55km is glo ń riller.
Netbal presteer by Liga
Sarie Pretorius

Laerskool Bosveld Primary se o/12 netbalspelers het Liga-wedstryde op Donderdag, 16 Mei 2019 gespeel teen Laerskool Thabazimbi en Laerskool Platina.
Die Bossie-spelers het 10 wedstryde gewen en 2 gelykop gespeel. Die skool is trots op elke speler wat haar bes doen.
Bosveld Landloop
E Swanepoel

Die Landloopspan van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 4 Mei 2019 aan hulle tweede liga byeenkoms te Polokwane gaan deelneem. Hierdie jaar is dit die grootste span wat die skool nog ooit ingeskryf het. Klein tot groot, asook van die ouers het die baan aangedurf.
Die landlopers het hulle goed van hulle taak gekwyt. Daar word uitgesien na die res van die seisoen wat strek tot in September maand. Afrigter, Juf. Erika - wens almal geluk met puik uitslae en sterkte vir die seisoen wat voorlê.
Kom leer maar by die Bossies
D. Gouws


Op Saterdag, 4 Mei 2019 het Laerskool Bosveld Primary hul jaarlikse Bulletjie-rugby en mini-netbaldag gehou. So op Mnr. Louwtjie Pretorius, die Bossie-hoof, se verjaardag! Wat ‘n groot geskenk was dit nie. Dit was ‘n puik dag waarby 9 skole betrokke was! Die rede vir so ‘n groot dag met soveel opgewonde seuntjies en dogtertjies, is om die liefde en passie vir netbal en rugby te kweek - en die Bossies het dit verseker reg gekry!
100de kindertjies het met breë glimlagte ‘n bal geskop of gegooi, ‘n drie gedruk en ‘n doel gegooi!
Dit was ‘n fees om die naweek naby die Bossie terrein te wees!
Top 10
Nelson Mandela once said: "Education is the most powerful weapon which you can use to change the world."
By Laerskool Bosveld Primary word die grondslag van Akademie so sterk vasgelê, dat die Senior-grade die vrugte daarvan pluk en in die Akademiese Top 10 beland!
Baie geluk aan die volgende leerders met die PUIK prestasie/ Congratulations to the following learners with an amazing achievement!
Grade 4

JC Nieuwoudt
Friedrich Neethling
Simone Schutte
Janco Sparks
Leenmarie vd Walt
Leanelle Kukard
Phenyo Mabotja
Liam Senosky
Yanula Elenis
Angel Kennedy
Grade 5

Inge von Ronge
Sune vd Merwe
Mikhaela Kotze
Cassidy Kruger
Tebogo Lekalakala
Caden Shepherd
Christi Pieterse
Mikayla Bester
JG Jacobs
Tsholo More
Grade 6

Nika Snyman
Yentl Lemboe
Wilmi van Rooyen
Maryke Gerber
CW Sparks
Nialize Jordan
Zoey Elenis
Elmarie Cloete
Leago Nyaka
Lethabo Makwela
Grade 7

Anray Randall
Dikeledi Mamafa
Divan Gerber
Amahle Gouws
Leane Snyman
Dian le Roux
Nakedi Tlhako
Kayla Human
Francois Viljoen
Dimpho Mabotja

Eksamenrooster / Examination time table 2019
Datum / Date | Graad 4 / Grade 4 |
Graad 5 / Grade 5 |
Graad 6 / Grade 6 |
Graad 7 / Grade 7 |
Dinsdag / Tuesday 21 Mei / May |
Afrikaans HT / EAT P3 | Afrikaans HT / EAT P3 | Afrikaans HT / EAT P3 Sepedi HL P3 |
Afrikaans HT / EAT P3 Sepedi HL P3 |
Leerders skryf in voogklasse. Na eerste pouse sal ons aangaan met periode 5. Learners write in quardian classes. After break we carry on with period 5. |
||||
Woensdag / Wednesday 22 Mei / May |
Graad 4-6 sal in die voogklasse bly. Na eerste pouse sal ons aangaan met periode 5 Grade 4-6 stay in guardian class. After first break we carry on with period 5 |
Geskiedenis / History | ||
Donderdag / Thursday 23 Mei / May |
Geografie / Geography | Geografie / Geography | Geografie / Geography | Geografie / Geography |
Vrydag / Friday 24 Mei / May |
Afrikaans HT / EAT P2 | Afrikaans HT / EAT P2 | Afrikaans HT / EAT P2 Sepedi HL P2 |
LO |
Maandag / Monday 27 Mei / May |
English FAL / HL P2 | NWT / NS | Wiskunde / Mathematics | EBW / EMS |
Dinsdag / Tuesday 28 Mei / May |
Geskiedenis / History | Geskiedenis / History | Geskiedenis / History | Afrikaans HT / EAT P2 Sepedi HL Tegnologie / Tegnology |
Woensdag / Wednesday 29 Mei / May |
Vorige dag was Rugby en Netbaluitspeelwedstryde Previous day Rugby and Netball games |
|||
Donderdag / Thursday 30 Mei / May |
Wiskunde / Mathematics | English FAL / HL P2 | NWT / NS | English FAL / HL P2 |
Vrydag / Friday 31 Mei / May |
Netbaluitspeelwedstryde-Polokwane Netball finals in Polokwane |
|||
Maandag / Monday 3 Junie / June |
English FAL / HL P3 NWT / NS |
English FAL / HL P3 Wiskunde / Mathematics |
English FAL / HL P3 English FAL / HL P2 |
NW / NS |
Dinsdag / Tuesday 4 Junie / June |
Vorige dag Rugbyuitspeelwedstryde-Bela-Bela Previous day Rugby finals in Bela-Bela |
|||
Woensdag / Wednesday 5 Junie / June |
||||
Donderdag / Thursday 6 Junie / June |
Geen / None | Geen / None | Geen / None | English FAL / HL P3 Wiskunde / Mathematics |
Vrydag / Friday 7 Junie / June |
PW | PW | PW | SK / CA |
LBP se netbal skitter



Op 17 April 2019, het Laerskool Bosveld Primary teen Laerskool Warmbad en Laerskool Eenheid te staan gekom. Die Bossies het hulle goed van hul taak gekwyt en al agt hulle wedstryde met gemak gewen.
Die o/10’s wen 24-0 teen Warmbad en 25-5 teen Eenheid. Die o/11’s wen 27-0 teen Warmbad en 13-0 teen Eenheid. Die o/12’s wen 25-1 teen Warmbad en 36-4 teen Eenheid. Die oopspan wen 23-6 teen Warmbad en 30-11 teen Eenheid. Ons is trots op ons netbal dogters! Hou so aan!
Bossie-netbal vang en gooi ‘n EERSTE plek by Super 8
D. Gouws

Voor vlnr Mokgaetsi Rankapole , Tumi Nage , Isabel du Plessis , Kayla-Leigh van der Merwe
Dit is senutergend, naels word gekou en hare word uitgetrek - Super 8 te Noordskool, Polokwane!
Die Bossie-netbalspelers en afrigters het Vrydag, 12 April na Noordskool vertrek waar hul op PHS asook Noordskool se bane meegeding het vir die groot titel. Vanjaar spog die Bossies met die O/9-span wat ‘n eerste plek behaal het en die O/12-span wat tweede plek verower het.
Laerskool Bosveld Primary se Bossie-sterre is reg vir die liga wat Dinsdag plaasvind teen Laerskool Ellisras vir “bragging rights” in die dorp!
Rugby Super 8
Stefan Hattingh

Laerskool Bosveld Primary se rugbyspanne het die afgelope naweek aan die Super 8 in Pietersburg deelgeneem. Die kompetisie was straf en die Bossie-spanne het gemengde welslae behaal. Die 0/10 span het `n algehele 3de plek behaal in die byeenkoms en die Eerste span het ‘n 5de plek behaal.
Die byeenkoms het goed afgeloop en dit was goeie voorbereiding vir die liga wat nog voorlê. Die skool sien uit na 'n goeie rugby seisoen.
Bossie Boogskiet Skitter
M Grobler


Julio Marques, Dane Marnitz, Mischka Prinsloo, Caden Shepherd, Willie Boshoff, Leonell van Coller, Salome Boshoff, Franco Oberholzer & Samuel Leahy
Afwesig op foto:
Jaco Botes, Mackenna Cox & Divan Gerber

JC Nieuwoudt, Vanya Robbertze, Shannon Miller, Henri Schoeman, Zandry Coetzer, Barend van der Westhuizen & Heinrich Theron
Afwesig op foto:
Lianke Snyman, Tsholofelo More, Carli Botha, Connor Anderson & Juan van der Zandt
Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 6 April 2019 deelgeneem te Hoërskool Ellisras in Ellisras. Die Bossie boogskuts het skitterend gevaar.
Laerskool Bosveld Primary het drie spanne ingeskryf. Die een span het `n eerste plek verower, die ander span het `n tweede plek behaal en die derde span het `n 5de plek ingepalm.
Samuel Leahy het uitmuntende resultate gelewer en `n algehele 3de plek behaal in die Junior Seuns kategorie en Franco Oberholzer was die bobaas skut en het `n algehele 1ste plek behaal.
Dané Marnitz het nie op haar laat wag nie en `n algehele 3de plek behaal vir die Junior dogters kategorie.
Wat `n puik en suksesvolle dag! Die skool is baie trots op die Bossie skuts. Met sulke puik skuts, sien die skool uit na die volgende kompetisie op die 11de Mei, te Waterberg Academy in Vaalwater.
Bossie Landloop seisoen begin in alle erns
Erika Swanepoel

Sommige landlopers van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag, 6 April 2019, gaan deelneem by Tshipise in Messina. Al het dit heerlik gereën, het dit nie die landlopers se opgewondenheid gedemp om te hardloop nie.
Die Snyman landlopers het goed gevaar:
Marni Snyman D 0/8 kom 2de
Nuan Snyman S 0/ 9 kom 1ste
Nika Snyman D 0/11 kom 3de
Die volgende byeenkoms waar aan die hele span gaan deelneem vind plaas by Northern Academy op 4 Mei 2019.
Sterkte vir die Landlopers vir die lang seisoen wat voorlê.
Newsletter 3 - Second Term 2019Important Dates |
Nuusbrief 2 - Tweede Kwartaal 2019Belangrike Datums |
Dr. Elsje Jordaan - Sinoniem met SUKSES - 'n Naam om vir altyd te onthou
D. Gouws
Die Bossies se netbaldogters- en afrigters het die ongelooflike voorreg te beurt geval toe hulle op 15 Maart 2019 na Zwartkloof Game Lodge vertrek. Met die tema van die jaar "Dit begin by MY!" het die Bossie-afrigters en spelers nie net meer van die spel geleer nie, maar ook sommer 'n paar motiveringspraatjies gehad. Dit was definitief 'n toer om nog lank oor te praat en die Bossie-afrigters sien met afwagting uit na die Super 8-naweek, asook die liga wat amper afskop!
Jubaweni rugbytoer o/11

Laerskool Bosveld se o/11 en 1ste rugbyspanne het tydens die vakansie op 21 Maart al vroeg met die bus vertrek na Jubaweni vir die jaarlikse rugbytoer. Daar was gemengde welslae behaal en goeie, harde rugby is gespeel. Die kinders het dit baie geniet en ook baie geleer. Die Bossies werk hard en sien uit na die res van die seisoen.
0/9 en 0/10 Rugbytoer Jubaweni
Laerskool Bosveld Primary se 0/9 en 0/10 rugbyspanne het vanaf 18 tot 20 Maart 'n rugbytoer te Jubaweni gaan bywoon. Die kompetiisie was sterk en spanne het gemengde welslae behaal. Die toer het goed afgeloop en was goeie voorbereiding vir die Super 8 en liga wat nog voorlê. Ons sien uit na 'n goeie seisoen van rugby deur die twee spanne.
Newsletter 2 - First Term 2019Important Dates |
Nuusbrief 2 - Eerste Kwartaal 2019Belangrike Datums |

Bossie-netbal kook!
Me. J Adamson

Die Bossie-netbal dogters het op 11 Maart 2019, kans gekry om te woeker met hulle netbal talente by Laerskool Krugerpark in Mokopane. Met verskeie skole reg oor Limpopo was die kompetisie maar straf. Tog het Laerskool Bosveld Primary se Bossies nie gaan lê nie.
Geleenthede is geskep sodat die onderwysers elke netbal dogter op die netbalbaan kon sien speel en die regte posisies te allokeer.
Alhoewel gemengde suksesse behaal is gee die Bossie-netbal dogters nie op nie. Die skool sien uit na die seisoen wat vir ons voorlê!
Bossie Graad R glimlag breed 2019
Chané Bezuidenhout


Daar was groot opgewondenheid by Laerskool Bosveld Primary se Graad R-groep op Donderdag, 7 Maart 2019. Dr Jócor van der Linde, ‘n vriendelike tandarts in die dorp het vir die Graad R-groep kom kuier. Saam met haar was Sarie Nieuwhof ‘n mond-higiënis.
Die twee dames het die leerders meer kom leer van tande higiëne en hoe om tande te versorg. Die Graad R’e was elkeen bederf met ‘n tandeborsel en buisie tandepasta. Die skool gaan beslis meer skitterwit tande sien. Baie dankie vir die opvoedkundige praatjie gelewer.
Bosveld spanne wys hul staaly
C Brandt


Met sweet, bloed, trane en onstuitbare ambisie het die rugbyseisoen vroeg afgeskop op die 2de Maart toe Laerskool Bosveld Primary die jaarlikse skeidsregters dag bygewoon het te Koedoeskop. `n Massiewe aanbieding wat `n totaal van elf skole behels het. Boonop het die Bossie spanne en skeidsregters hulself oortref.
Laerskool Bosveld Primary is trots op hul O/10 en 1ste span rugby manne met skitterende wedstryde wat hulle gewen het, maar bowenal is die Bossie afrigters opgewonde oor die seisoen wat voorlê.
Boogskiet 2 Maart - Waterberg Academy
M. Grobler




Laerskool Bosveld Primary het die naweek aan hulle eerste boogskiet kompetisie deelgeneem te Waterberg Academy in Vaalwater. Dit was n suksesvolle dag. Die opwinding was groot vir ons nuwe skuts by hulle eerste kompetisie en elke skut het dit tenvolle geniet. Ons skuts het baie goed gedoen.
Ons 1 span het 'n eerste plek behaal tydens die Bullseye kompetisie en die ander span het 'n 3de plek behaal.
Franco Oberholzer het tweede plek behaal en Willie Boshoff derde plek behaal tydens die Bullseye kompetisie.
Franco Oberholzer het tweede plek behaal en Willie Boshoff derde plek behaal tydens die 3D kompetisie.
Mischka Prinsloo het 1ste plek behaal tydens die Bullseye kompetisie.
Baie geluk aan die boogskuts. Julle het uitstekend gevaar en is opgewonde vir die res van die boogskiet seisoen.
Bossies is aan die brand so met die hittegolf die naweek
Me. A. Enslin




OLaerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek kans gekry om te woeker met hulle netbal talente by Koedoeskop. Alhoewel dit baie warm was, was die Bossies aan die brand tydens die netbalwedstryde en het uitmuntend gespeel. Skeidsregters van talle skole het die geleentheid gehad om hulle skeidsregters kennis te kon toets tydens die wedstryde en is gegradeer op grond daarvan.
Uit die sestien wedstryde wat gespeel is, het die Bossie netbal dogters twaalf wedstryde gewen, drie verloor en een gelykop gespeel. Die onderwysers van Laerskool Bosveld Primary het ‘n goeie idee gekry of elke dogter in die korrekte posisie speel. Die komende naweek speel die Bossies te Krugerpark en die skool sien uit daarna om die spanne voor te berei vir die Ligas wat in volgende kwartaal plaasvind.
Baie sterkte aan elke afrigter wat moet gradeer en baie geluk aan die Bossie dogters met hulle goeie resultate vir die heel eerste byeenkoms van die jaar. Die skool sien uit na die seisoen wat voorlê!
Bossie-atletiek spog met spoedvrate!
Duné Gouws


Op 8 Februarie 2019 het Laerskool Bosveld Primary die voorreg gehad om die jaarlikse area-byeenkoms aan te bied te Mogol-sportgronde! Die dag het soveel sukses vir dié Bossie-span opgelewer met 18 goue, 32 silwer en 17 brons-medaljes verower.
Die distrik-byeenkoms vind Vrydag, 15 Februarie plaas te Laerskool Krugerpark. Die Bossie-ondersteuners en atlete kan nie wag om te sien wie in die Provinsiale-span opgeneem gaan word nie.
Kring-atletiekbyeenkoms te L/S Ellisras
Dune Gouws
Die Bossies spog vanjaar met nie minder nie as 60 atlete wat deurdring na die Area-atletiekbyeenkoms wat Vrydag, 8 Februarie te Mogol plaasvind. Op Vrydag, 1 Februarie het Laerskool Bosveld Primary 9 goue, 12 silwer en 5 brons medaljes verower. Die Bossies is baie trots op die atlete wat so mooi presteer! Julle word beslis dopgehou!
Nuwe bloed by Laerskool Bosveld Primary
Dune Gouws

Laerskool Bosveld Primary verwelkom vanjaar nie minder nie as 9 nuwe personeellede by Laerskool Bosveld,
v.l.n.r Louwrens Theron, Pieter Theron, Danelle Gerber, Nelia Grobler, Sanet Pohl, Chane Bezuidenhout, Selmarie Husemeyer, Michael Morema en Chane van Rooyen.
Baie sterkte aan elkeen, die Bossies glo dat julle ‘n verskil in elke leerder van Laerskool Bosveld Primary sal maak.
Leerlingraad leer kommunikeer
Hoofdogter 2019 – Leané Snyman

Vrydag en Saterdag, 18 en 19 Januarie 2019, het die Leerlingraad saam met die Leerlingraad voogde van Laerskool Bosveld Primary, vir ‘n kort tydjie saam gaan kuier en baie pret gehad by Sebe Sebe Lodge teen die Limpopo rivier. Die Leerlingraad het spanbou gedoen, soos bv. swem. Hulle het die heerlikste kos geёet en tot laat aand gesels! Saterdag het Mnr. Pretorius en Juffrou Karin Meyers saam met Ds. Bernard by die Leerlingraad aangesluit.
The leaders had fun playing communication games such as Telephone-Telephone and a lot of laughter was heard because of the misinterpreted words. The educators and the Student Council will never be able to forget the new things Ds. Bernard taught us! The Student Council will build on the communication skills they learned at the Lodge and they will encourage learners to follow suite.
Nuwe bloed by Laerskool Bosveld Primary
Dune Gouws

Laerskool Bosveld Primary verwelkom vanjaar nie minder nie as 9 nuwe personeellede by Laerskool Bosveld,
v.l.n.r Louwrens Theron, Pieter Theron, Danelle Gerber, Nelia Grobler, Sanet Pohl, Chane Bezuidenhout, Selmarie Husemeyer, Michael Morema en Chane van Rooyen.
Baie sterkte aan elkeen, die Bossies glo dat julle ‘n verskil in elke leerder van Laerskool Bosveld Primary sal maak.
Newsletter 1 - First Term 2019Important Dates |
Nuusbrief 1 - Eerste Kwartaal 2019Belangrike Datums |
Head Boy and Girl for 2019. Divan Gerber and Leane Snyman


Redaksielede vir 2019

Dhania Bezuidenhout, Antay Claasen, Zoey Elenis, Christoff Erasmus, Divan Gerber, Nialize Jordan, Bianca Lombard, Dane Marnitz, Florence Mbako, Timothy Moraba, Christi Pieterse, Wihann Smith, Kailey Smith, Sarah Smith, Leane Snyman, CW Sparks, Marica van der Merwe, Wilmi van Rooyen, Inge von Rönge, Joshua Young.
Rekenaar leiers 2019 / Computer Leaders 2019

Lizzy Bornman, Annica Breedt, Georgia en Jacky de Beer, Tina-Mari de Kock, Marlena Janse van Rensburg, Nialize Jordan, Manja Labuschagne, Florence Mbako, Refilwe Moatshe, Abigail Potgieter, Misschka Prinsloo, Charlee Slabbert, Elise Uijs, Wilmi van Rooyen.
Waterberg Interskole Gala te Laerskool Bosveld Primary
A Neethling

v.l.n.r. Barend van der Westhuizen, Ryan Buys, Friedrich Neethling en Janco Sparks. Hulle het die aflos in hul ouderdomsgroep gewen.
Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 20 Oktober 2018 die Waterberg Interskole Gala aangebied by die skool. Laerskool Krugerpark, Laerskool Bosveld Primary, Laerskool Jullian Muller, Laerskool Marble Hall, Laerskool Warmbad en Laerskool Ellisras het deelgeneem aan die spog geleentheid.
Die swemmers was slaggereed om hul beste tye te swem en Laerskool Krugerpark is as algehele wenner aangewys, met Laerskool Bosveld Primary kort op hulle hakke.
Laerskool Bosveld se swemmers het nie op hulle laat wag nie en het agtien goue medaljes, agt silwer en 14 brons medaljes ingepalm.
Baie dankie aan elkeen wat net sy beste gegee het, die skool is trots op elke Bossie-swemmer.
Nuwe leiers van Laerskool Bosveld Primary vir 2019.

Baie geluk aan die leiers wat `n baie groot verantwoordelikheid op hulle skouers dra om Laerskool Bosveld Primary se ambassadeurs te wees.
5de ry agter links na regs
Anray Claasen, Amahle Gouws, Gert Pretorius, Somila Gubuza, Joshua Potgieter, Albert von Ronge
4de ry
Kelly Lewis-Enright, Elani Neethling, Aimee de Beer, Megan Kirby, Dhania Bezuidenhout, Christoff Erasmus, Derik Besseling
3de ry
Samuel Leahy, Dimpho Mabotja, Tamia Oakes, Dawn Engelbrecht, Dikeledi Mamafa, Precious Mamabolo, Wihann Smit
2de ry
Kenny Matloga, Chane Esmaraldo, Hanno Kay, Zelri Goedhart, Xilombe Bvuma, Morgan-Lee Muller, Tia Oakes, Marubini Lekgau
1ste ry
Timmy Moraba, Sarah Smith, Leane Snyman, Kayla Human, Kailey Smith, Divan Gerber
Afwesig
Michelle Miller en Timmy Smith
Koor afsluiting
Linda Erasmus

Op 17 Oktober 2018 het die koor hulle afsluiting gehou. Almal het lekker piekniek gehou en daarna lekker speletjies gespeel. Almal het dit baie geniet.
Interlaer wenners!
CJ de Swardt

Laerskool Bosveld Primary se gholfspan het op Vrydag, 12 Oktober 2018 vroeg vertrek na Groblersdal om aan die Interlaer en Limpopo proewe te gaan deelneem.
Die Bossies het puik gespeel en ‘n uitstekende eerste plek behaal uit die deelnemende 8 skole. Drie van die Bossie-gholfspelers is ook opgeneem in die Limpopo-laerskole gholfspan naamlik: Ruan Mostert, Ulrich Pepler en Daniel Leahy.
Die Bossies is baie opgewonde oor hierdie puik prestasies en sien uit na die res van die gholf-seisoen.
Boogskuts vaar goed
M. Grobler

Voor: Tristan Rautenbach, Salome Boshoff, Samuel Leahy
Afwesig: Franco Oberholzer, Jaco Botes, Henri Barnard, Mackenna Cox, Bokamoso Wessie, Leonell van Coller, Albert du Plessis
Laerskool Bosveld se boogskuts het tydens die Oktober vakansie aan die Nasionale Boogskietbyeenkoms te Rustenburg deelgeneem.
Dit was ‘n baie groot kompetisie met ongeveer 800 skuts wat deelgeneem het regoor die land.
Die skuts het dit geniet om op nasionale vlak deel te neem en baie goed gevaar. Dit was vir hulle ‘n leersame ondervinding.
Graad 2’s ondersoek grond en groente
M. Grobler

Gedurende die Derde kwartaal het die Graad 2-leerders van Laerskool Bosveld Primary meer geleer oor verskillende tipe diere wat in die grond lewe, asook verskillende groente wat bo en onder die grond groei. Hulle het die verskillende tipes grond wat mens kry, ondersoek. Die leerders het dit baie geniet en het ‘n grond-kunswerk gedoen.
Re-registration for 2019 / Herregistrasie vir 2019

Newsletter - Fourth Term 2018Important Dates |
Nuusbrief - Vierde Kwartaal 2018Belangrike Datums |
Laerskool Bosveld Primary se Gr. RR bak en brou
Salomie Theron


Die besige en suksesvolle konsertweek van Laerskool Bosveld Primary word afgerond in die Gr. RR klasse deurdat elke leerder `n skapie moet maak.
Aangesien wolboerdery een van die groepie se tema is, het die leerders `n eetbare skapie gemaak. `n Karton / papierbord word gebruik om die koekie op te plak en elke leerder moet die versiersuiker “wol” met `n lepel op die koekie skep en `n malvalekker word as kop gebruik.
Die Gr. RR leerders het heerlik gesmul aan hulle kreatiewe werk. By Laerskool Bosveld Primary streef die Gr. RR onderwysers daarna om die leerders voor te berei vir `n blink laerskool-loopbaan.
Graad-1’s gaan bos toe
Nikita Botha

Die Graad-1 leerders van Laerskool Bosveld Primary was op Vrydag, 31 Augustus op ‘n uitstappie te Manketti Lodge. Dit was ‘n leersame en prettige dag vir die leerders.
Die leerders het geleer hoe die voedsel-ketting in die bos werk en het lekker gaan stap om diere te sien en verskillende blaar spesies uit te ken en te versamel.
Na die lekker stapsessie het die leerders rustig onder die koeltebome ontspan en middagete geniet, terwyl hul die verskillende soorte blare vergelyk.
Dankie aan Manketti Lodge vir die lekker dag!
Laerskool Bosveld Primary ondersteun CANSA
Meraai Grové

Agter: Me Meraai Grové, Me Sonja van Deventer (Adjunkhoof) en Liam Lemboe
Middel: Anke Pretorius, Antionette Burger,Lanelle Vermaak, Sorina Nortje, Bronwyn van Rooyen, Koketso Kgasi.
Voor: Albert du Plessis, Neo Mophoto, Lola Ndlovu.
Die Leerlingraad van Laerskool Bosveld Primary het op Saterdag, 15 September 2018 aan die jaarlikse CANSA “Relay“ deelgeneem. Onder leiding van die Leerlingraad-voogde, Meraai Grové en Sonja van Deventer, het die leerders vasgebyt en die koue verdryf met hulle vrolike vasberadenheid. Ons is baie trots op die leerders wat hulle tyd gegee het om terug te gee aan die gemeenskap.
Die skool bedank die lede van CANSA vir hulle harde werk en ongelooflike toewyding. Laerskool Bosveld Primary hoop om die ander skole in die dorp by 2019 se CANSA “Relay” te sien.
Tour de Marula


Van ons Bossies het aan die Tour de Marula deelgeneem en het twee van ons leerders het Limpopo klere verwerf.
Mini-hokkie te Thabazimbi
R. Maritz

Die mini-hokkiedogters het Saterdag, 8 September aan hul laaste wedstryde van die seisoen deelgeneem te Laerskool Thabazimbi. Al die Bossie-dogters het baie goed presteer en het sowaar ń goeie beeld vir die skool uit gedra. Baie geluk aan elke dogter wat deelgeneem het!
Bossie landlopers kompeteer nasionaal
Erika Swanepoel

Laerskool Bosveld Primary se landlopers was slaggereed om op Saterdag, 8 September 2018 aan die SA Landloop Kampioenskappe in Port Elizabeth plaas.
Die 10 landlopers van Laerskool Bosveld het koue, reën en wind beleef wat hulle nie geken het nie. Alhoewel hierdie Bosvelders koud gekry het, het hulle elke oomblik geniet.
Die landlopers het baie goed gedoen en Limpopo landlopers kon goed kompeteer teen die ander provinsies.
Baie dankie aan al die borge wat gehelp het om die uitstappie moontlik te maak. Ons sien uit na die 2019 seisoen.
Teamwork… less me and more we!
Sonja v Deventer


Laerskool Bosveld Primary se graad 6-groep het Jubaweni vanaf 28 - 31 Augustus besoek. Die geleentheid: die Jaarlikse OOS-kamp.
Spanwerk het die aktiwiteite meer pret gemaak en die “Paint Ball” was die hoogtepunt, net jammer die seuns het die menere ore aangesit!
The main idea was to identify leaders for 2019 and the boys and girls had a lot of fun.
Derde kwartaal toetsreeks reëlings
Datum |
Vak |
Reëlings |
5 September |
Wiskunde |
Toets periode sal wees vanaf: |
6 September |
Afrikaans |
|
7 September |
Engels |
|
10 September |
Geskiedenis |
|
11 September |
Tegnologie |
Gr 4-6 Godsdiens of u kan uitruil met klasse |
12 September |
NWT / NW |
Toets periode sal wees vanaf: |
13 September |
Geografie |
|
14 September |
Skeppende Kuns |
Gr 4-6 Godsdiens of u kan uitruil met klasse |
17 September |
PW / LO |
Toets periode sal wees vanaf: |
18 September |
EBW |
Gr 4-6 Godsdiens of u kan uitruil met klasse |
|
Mini-hokkie Koedoeskop
R. Maritz

Dit was ‘n bedrywige Saterdag vir die Bossie-hokkiedogters, maar dit het hul nie gekeer om hul beste te gee tydens die dag se wedstryde te Laerskool Koedoeskop op Saterdag, 25 Augusus, nie. Elke dogter het sowaar hul harte uit gespeel! Ons sien uit na die volgende hokkie dag! Hokkie-bokkies bo!
Borge en Borgskappe
- PanarottisAtletiek Medaljies
Margie - At Sold Atletiek Gazebo
Arona - A J VerkoelingAtletiek Gazebo
Jannie - Sasko Atletiek Sambrele, Gazeb
Robert - M Kukard Atletiek - Cash
- Wild Afrika Security Atletiek - Wag vir die nag
- T Taljaard Rugby - Rugby hemde vir mans
- PanarottisRugby sakke vir 1st span
- NG Verkoeling Rugby - 1st span Broeke
R.J van Vuuren
- Martin Verwey Boogskiet - Herstel van butts
- Martin Verwey Boogskiet - Printer, Sak, Kamera
- Vincent PerrierBoogskiet - Instruksie bord
- Nico Kay Boogskiet - Waarskuwings borde
- Ellisras Brandstof Boogskiet - Cash
- CyrilTerreine - Loop pad vir kinders
- Anders Computing Algemeen - 20 wi-fi stokkies
Harm - Kliq Algemeen - uncapped Internet
- Postnet Algemeen - Bind van GR 4,5,6,7,1 boek
- Srix Zone Huiswerkboek
- Ford Huiswerkboek
- MogolHuiswerkboek
- Toyota Huiswerkboek
- KumanHuiswerkboek
- Mogol Klub Huiswerkboek
- Exxaro Huiswerkboek
- Mica Huiswerkboek
- Zumba Huiswerkboek
- Experi MHuiswerkboek
- Kinderkenetika Huiswerkboek
- Wortel Springkasteel Huiswerkboek
- Green Apple Huiswerkboek
- Avbob Huiswerkboek
- Panarottis Personeel - Hemde
Wayne - Die potLeerlingraad - Geskenkbewyse
Yolanda - Marelize v SeventerLeerlingraad - Geskenkbewyse
- PanarottisLeerlingraad - Pizza's vir leerlingraad
Wayne