Hokkie / Hockey
Die Bossies se hokkie bokkies is vuurwarm!
Anja Enslin


Die afgelope naweek het Laerskool Bosveld Primary se Hokkie-bokkies op toer gegaan om nuwe tegnieke en opskerping van die spel te gaan oefen. Die toer na “Zwartkloof Private Game Reserve” was `n belewenis.
Melinda Vos, ‘n voormalige Protea hokkiespeler het die kursus aangebied. Die Bossies het hulle glad nie aan die koue gesteur nie en speel ‘n hond uit ‘n bos op die hokkievelde.
Van wedstryde, spanbou en heerlik eet, het die Hokkie-bokkies van Laerskool Bosveld Primary nuttige wenke aangeleer by die wonderlike span van Sportisimo. Die skool sien uit na ‘n baie belowende hokkie seisoen wat voorlê.
Die skool is dankbaar vir die geleentheid wat Dr. Elsje Jordaan, die stigter en eienaar van Sportisimo, gebied het aan die Bossies met hulle uitmuntende gehalte van opleiding en spangees.
Die Bossies se Hokkie-bokkies is slaggereed om hulle nuwe vaardighede uit te toets en sien uit na `n suksesvolle hokkie seisoen.
Bossie hokkie-bokkies begin hul liga
D. Gouws

Laerskool Bosveld Primary se O/11 A & O/13 A hokkiespanne het Dinsdag, 24 Julie teen Laerskool Nylstroom meegeding in hul eerste ligawedstryde.
Die O/11 A het ‘n puik wedstryd gehad en die Nylies geklop met ‘n telling van 4-1.
Die O/13 A, pragtig in rooi getooi, het ongelukkig 2-0 verloor. Die Bossies wil graag vir Bison Familie Restaurant bedank vir die eerstespan se pragtige rooi rokkies.
Bossie-afrigters sien uit na ‘n besige en “tawwe” hokkie-seisoen!
Bossies meet kragte teen sterk skole van Gauteng, Limpopo en Noordwes
D. Gouws



Die Bossie hokkie-bokkies het Vrydag, 15 Junie 2018 vertrek na Jubaweni vir 'n onvergeetlike hokkie-toer. Wat 'n mooi begin vir die liga wat afskop in die komende kwartaal.
Die Bossies se O/11 - O/13 spanne het baie goed gevaar teenoor baie sterk skole van verskillende provinsies en die afrigters sien baie uit daarna om te sien waarvan die hokkie-bokkies gemaak is in die derde kwartaal se liga.
Dankie Bossie-afrigters en -spelers vir 'n onvergeetlike toer met soveel mooi en lekker herinneringe.
Lesego Modimola won the award for the MOST PROMISING SENIOR PLAYER. The Bossies are extremely proud of you Lesego, keep it up!
Wat 'n fees om 'n Bossie-hokkie-bokkie te wees!
Laerskool Bosveld Primary Hokkie
Retha Brandt

Laerskool Bosveld Primary se o/13-A hokkie spelers het op Saterdag, 9 September deelgeneem aan die kwarteindrondtes te Polokwane. Die Bossies het hard gewerk en geoefen vir die geleentheid. Hulle het wel uitgeval en dring dus nie deur na die semi-finaal nie. Die skool is trots op hierdie dogters wat dit so ver gebring het en die skool se naam hoog gehou het gedurende die hokkie seisoen.
Hokkie
Retha Brandt

Laerskool Bosveld Primary se o/13-A hokkie dogters het op Donderdag, 31 Augustus 2017, teen Laerskool Krugerpark en Laerskool Warmbad gespeel. Hulle het teen Laerskool Krugerpark gewen en teen Laerskool Warmbad verloor. Hulle dring dus deur na die kwart-end rondte wat Saterdag, 9 September gaan plaasvind. Ons is baie trots op die dogters en hul afrigter en weet dat hulle Laerskool Bosveld Primary se naam sal hoog hou.
Liga vir hokkie bokkies
Retha Brandt

Laerskool Bosveld Primary se hokkie dogters het op Dinsdag, 15 Augustus 2017 teen Laerskool Nylstroom gespeel. Alhoewel daar gemengde uitslae behaal is, het die spanne baie goed gedoen.
Die o/13-A hokkiespan het hulle wedstryd gewen. Ons is baie trots op die dogters en hul afrigter en weet dat hulle Laerskool Bosveld Primary se naam hoog hou.
Hokkie Bokkies vaar goed
Retha Brandt

Laerskool Bosveld Primary se hokkie bokkies het op Dinsdag, 1 Augustus 2017 en Donderdag, 3 Augustus 2017 met hulle liga wedstryde begin. Alhoewel daar gemengde uitslae behaal is het die spanne baie goed gedoen. Die o/13 A hokkiespan het hulle wedstryde teen Laerskool Ellisras en Laerskool Thabazimbi gewen. Ons is baie trots op die dogters en weet dat hulle Laerskool Bosveld Primary se naam hoog hou.
Laerskool Bosveld Primary Hokkie-bokkies neem deel aan streekproewe
M Fleetwood

Die afgelope Woensdag het twee van Laerskool Bosveld Primary se hokkie-spanne naamlik 0/11 en 0/13B deelgeneem aan die Streekproewe. Hulle het ontdek dat deursettingsvermoë, tegniek en goeie spangees mens ver kan bring. Die 0/13B- span dring dan ook deur na die finale wat op 17 September in Tzaneen plaasvind.
Die Bossies wens hierdie span baie sterkte toe.
Hokkie
M Fleetwood
In die afgelope hokkie seisoen het die hokkie dogters geleer dat harde werk vrugte afwerp. In die week wat voorlê gaan twee van Laerskool Bosveld Primary se hokkie spanne deelneem aan die streeksfinale. Baie sterkte meisies!
Bosveld se hokkie bokkies kook
M Fleetwood
Laerskool Bosveld se hokkie bokkies het hierdie jaar se hokkie op `n positiewe noot begin. Tot dusver is die 0/13 B span nog onoorwonne. Die ander spanne vaar ook goed. Dankie vir julle goeie gesindheid hokkie bokkie! Kom ons maak hierdie ‘n wen seisoen!
Hokkie – 23 Julie 2016
M Fleetwood
Die afgelope naweek het Laerskool Bosveld Primary se hokkie dogters deelgeneem aan die hokkie-rondomtalie van Piet Hugo te Pietersburg Hoërskool. Die dogters het dit baie geniet en dit was sommer ‘n goeie begin vir die hokkie seisoen. Baie sterkte aan al die hokkie-dogters en afrigters - laat elke bal tel!
Hocky trials
Retha Brandt
On Tuesday, 22 September the u/11 and u/12 hockey girls from Laerskool Bosveld Primary went to Mokopane for the hockey trails.
Mokgadi Tlhako (u/11) was chosen out of a lot of girls to go through to the next round. Congratulations and thank you for keeping Bosveld Primary’s name high!
Hokkie-bokkies…
Lorize Marx
DLorize Marx The U/11 hockey team of Laerskool Bosveld Primary played 12 September at Tzaneen in the Quarter Finals. The girls played very well and they won one game. Unfortunately they lost their last game. Congratulations to the team and their coach! Good luck with the coming hockey trials.


Mini Hokkie / Mini Hockey
Mini-hokkie te Thabazimbi
R. Maritz

Die mini-hokkiedogters het Saterdag, 8 September aan hul laaste wedstryde van die seisoen deelgeneem te Laerskool Thabazimbi. Al die Bossie-dogters het baie goed presteer en het sowaar ń goeie beeld vir die skool uit gedra. Baie geluk aan elke dogter wat deelgeneem het!
Mini-hokkie Koedoeskop
R. Maritz

Dit was ‘n bedrywige Saterdag vir die Bossie-hokkiedogters, maar dit het hul nie gekeer om hul beste te gee tydens die dag se wedstryde te Laerskool Koedoeskop op Saterdag, 25 Augusus, nie. Elke dogter het sowaar hul harte uit gespeel! Ons sien uit na die volgende hokkie dag! Hokkie-bokkies bo!