Argief / Archive
Wow! Wat `n prestasie!
Corné de Swardt
Die Bossies het die eer te beurt geval om die beste 2014 ANA-uitslae te behaal in die Waterberg-distrik. Me HP Mabotja het op Dinsdag, 13 Januarie, aan mnr JL Pretorius `n pragtige trofee, asook `n sertifikaat oorhandig wat sy op Vrydag, 9 Januarie in Bela-Bela ontvang het vanaf die uitvoerende burgermeester Me NR Mogotlane. Wel gedaan Bossies!
